Tweedehandse Bruidjie

EKSKLUSIEF

R279 eenmalig + 40% kommissie

Jou trourok word aanlyn gelys & in ons fisiese Bruidswinkel verkoop:

Jou rok word in ons fisiese Bruidswinkel gehang.

Hy word ook aanlyn gelys op:

Online Boutique

  Facebook Page

Facebook Groep

Instagram


  • Ons trek 40% kommissie af van die verkoopsprys wanneer die rok in ons Bruidswinkel verkoop, wat die hanteer en beheer van die verkope insluit.
  • Elke rok moet ingedien word vir goedkeuring / konsiderasie.
  • Maksimum 8 foto’s kan aanlyn gelaai word.

Hoe werk eksklusief?

1 Kwalifiseer jou rok?

  • Jou rok moet 4 jaar of jonger wees.
  • Jou rok moet skoongemaak wees (tensy hy nog nuut is!)
  • Jou rok moet geen beskadiging of vlekke hê nie.
  • Jou rok moet ‘n verkoopsprys hê van R10 00 of onder.

2 Dien jou rok in vir konsiderasie

As jou rok voldoen aan die bogenoemde vereistes, volg asseblief die stappe HIER om jou rok in te dien vir konsiderasie onder die toepaslike skakels.

Let wel: Al voldoen jou rok aan die bogenoemde vereistes, word hy noukeurig deurgesif om te bepaal of hy suksesvol sal wees of nie. Dus lê die finale besluit in die siftingsproses en ons eie diskresie. Ons sal binne 7 werksdae in verbinding tree i.v.m terugvoer oor die rok se aansoek.

3 Courier jou rok vir ons

Sodra jou rok bestempel word as suksesvol, sal ons die adres voorsien waarheen die rok gestuur moet word. Courier kostes is vir die verkoper se eie rekening. Om die courier kostes so koste-effektief as moontlik te behou, verpak jou rok in ‘n boks / verpakking so klein as moontlik.

In die geval waar die Bruid haar rok self by ons Bruidswinkel wil kom aflaai, is dit streng beskikbaar op afspraak.

Jou rok sal dan ook aanlyn en op al ons platforms geadverteer word vir die eenmalige admin-fooi gestipuleer.

4 Word betaal op verkope!

Sodra jou rok suksesvol verkoop het, sal die oorblywende bedrag na ons 40% kommissie afgetrek is binne 7 werksdae aan die verkoper oorbetaal word.

Meeste van ons rokke kry wel huise; maar as die rok nie verkoop word binne 8 maande nie, sal ons op ooreenkoms reël om die rok terug te stuur na die verkoper toe. Die kontrak kan ook verleng word na 8 maande op Tweedehandse Bruidjie se diskresie. Alle courier kostes is vir die verkoper se eie rekening. 

Bestudeer ook asb die pakket se volle Reëls & Voorwaardes

afAfrikaans
Nuusbrief
Teken in vir ons nuusbrief!
Loading