Tweedehandse Bruidjie

EKSKLUSIEF: Reëls & voorwaardes

Met die gebruik van Tweedehandse Bruidjie se EKSKLUSIEF pakket, geld die volgende reëls en voorwaardes:

Konsiderasie proses:
  • Al voldoen jou rok aan die nodige vereistes, is dit nie ‘n gegewe dat die rok suksesvol geag sal word nie. Met ‘n noukeurige siftingsproses word elke rok geanaliseer volgens ons eie mark en statistiek van trourok-verkope. Die inneem van enige rok is dus kompleet op die diskresie van Tweedehandse Bruidjie. Tweedehandse Bruidjie kan onder geen omstandighede verantwoordelik gehou word as ons jou rok se aansoek afkeer weens lengte, ouderdom, grootte, prys, styl, ens.
  • Die verkoper sal binne 7 dae in kennis gestel word van die uitkoms van die trourok se aansoek.
 
As ons ooreenkom om jou rok in te neem:
  • Die verkoper stem in dat 25% kommissie afgetrek sal word van die finale verkoopsprys van die trourok, en nie by die prys gevoeg word nie.
  • Alhoewel die verkoper vir ons riglyn gee oor die verwagte minimum verkoopsprys van die rok, hang die finale bedrag af van Tweedehandse Bruidjie se eie diskresie sodra daar onderhandel word oor die prys.
  • Sodra die rok suksesvol verkoop het, sal die oorblywende bedrag na ons 25% kommissie afgetrek is binne sewe (7) werksdae aan die verkoper oorbetaal word.
  • Hierdie eksklusiewe ooreenkoms is slegs geldig vir ‘n tydperk van agt (8) maande. Meeste van ons rokke kry wel huise; maar as die rok nie verkoop word binne hierdie tydperk nie, sal ons op ooreenkoms reël om die rok terug te stuur na die verkoper toe. Die kontrak kan ook verleng word na 8 maande op Tweedehandse Bruidjie se diskresie. Alle courier kostes is vir die verkoper se eie rekening.
  • As die kontrak na 8 maande verstryk en dit word nie verleng nie, het die verkoper tien (10) werksdae om die rok af te haal voor daar stoorkostes bygehef sal word.
  • Tweedehandse Bruidjie kan ongelukkig nie versekering uitneem op voorraad wat ons nie besit nie. Alhoewel Tweedehandse Bruidjie betroubaar en altyd versigtig is, kan ons nie aanspreeklik gehou word vir brande, vloede, diefstal, skade of slytasie nie. Die verkoper verstaan dat kliënte trourokke in ons boutique hanteer en aanpas, en daarom kan redelike slytasie verwag word.  Ons belowe steeds wel om elke rok met uiterse sorg te hanteer.
  • Alle trourokke in ons boutique moet ook aanlyn op ons webtuiste gelys word, so die eenmalige bedrag bly geldig in alle gevalle soos gestipuleer.
  • As die kontrak verbreek word voor die tydperk verstryk, moet Tweedehandse Bruidjie skriftelik in kennis gestel word 30 dae voor die rok opgetel moet word. ‘n Admin-fooi van R200 sal van toepassing wees in die geval van kontrak-breek.
  • ALLE courier kostes is vir die verkoper se eie rekening.
afAfrikaans
Nuusbrief
Teken in vir ons nuusbrief!
Loading