Tweedehandse Bruidjie

KOM VOORBEREID!

Wat trek ek aan vir my trourok-passing?

Trek gemaklik aan! Verkieslik min tot geen grimering (sodat dit nie aan die trourokke afsmeer nie).

Jy gaan in-en-uit trourokke wees deur die verloop van die konsultasie, so kleredrag is van min bekommernis.

Watter onderklere moet ek aantrek?

Verkieslik ‘n seamless pantie in nude, wit of neutrale kleur. (Pienk of blou panties met lace werk nie so goed met ‘n stywe trourok nie!)

Meeste trourokke word sonder ‘n bra aangepas, die bra is meeste van die tyd net in die pad. As jy nie gemaklik voel om sonder ‘n bra te wees nie, kan jy silicone “stick-on” cups dra of tape gebruik om jou tepels toe te plak.

Maar moet asseblief nie skaam wees nie – ons is almal dieselfde geskape, net in verskillende groottes en vorms!

Seamless Pantie

Wat moet ek saambring ?

As jy reeds jou trouskoene gekoop het, kan jy dit met liefde saambring om so die lengte van die rok in ag te neem.

As jy nog nie trouskoene het nie, kan jy ‘n soortgelyke skoen bring wat min of meer dieselfde hoogte is as wat jy graag sal wil dra op jou troudag; maar dis glad nie ‘n vereiste nie.

Hoe betaal ek?

As jy graag jou droomrok wil koop na afloop van die konsultasie, vra ons dat betaling gemaak sal word via EFT, of in kontant betaal word. Ons sal die bankbesonderhede vir die EFT voorsien. Sodra ons ‘n SMS kry as bewys van betaling, word die rok oorhandig en ons neem jou YES TO THE DRESS foto!

(As jy eerder die rok se betaling wil maak met behulp van ‘n kaartmasjien, moet ons ongelukkig ‘n 2% levy byvoeg op die totale bedrag, en daarom verkies ons die EFT-metode om ons Bruide onnodige fooie te spaar!)

Met ons Bruidjie rokke op bestelling word daar 50% betaling vereis van die kwotasie om die bestelproses van jou droomrok aan die gang te sit. Lees meer HIER.

Ons sien uit om jou te ontmoet!

afAfrikaans
Nuusbrief
Teken in vir ons nuusbrief!
Loading