Tweedehandse Bruidjie

FAQ

Ek wil graag my trourok verkoop. Hoe gaan ek te werk?

Loer gerus na ons beskikbare pakkette HIER.

Wat mag op julle Facebook Groep geadverteer word?

Jy mag enige iets adverteer wat trouverwant is, solank dit tweedehands is. Ons laat ook toe dat lede trouverwante produk adverteer wat byvoorbeeld nog nooit gebruik is nie (want hy was byvoorbeeld nie die regte size, kleur ens. nie). Sommige ander kledingstukke en skoene wat nie trouverwant is nie, word ook toegelaat. In enige onsekerheid, kontak ons gerus.

Ek wil graag my troubesigheid se dienste / produkte op Tweedehandse Bruidjie adverteer.

Geen besigheidsadvertering word op ons groep toegelaat nie, slegs deur betaalde & beheerde advertensies. Loer gerus na ons verskeie pakkette HIER.

Ek wil graag anoniem op die groep plaas. Hoe doen ek dit?

By die tuisblad van die groep, links onder van “Create a public post” is die opsie “Anonymous Post”. Die plasing op die groep sal kompleet anoniem wees en geplaas word onder die naam “Group Member”. Let wel: Hierdie opsie is ongelukkig nie beskikking tot “Pages” op die groep nie.

Mag ek my besigheid se trouverwante Kompetisie op Tweedehandse Bruidjie adverteer?

Kompetisies word gratis op ons groep toegelaat, solank dit trouverwant is.

Waar is julle Bruidswinkel geleë?

Ons winkel se adres is:

14B Willowbrook Office Park

Van Hoof Street

Ruimsig

Roodepoort

Gauteng

Wat is julle besigheidsure vir rokpassings?

Ons is slegs oop op afspraak, loer HIER vir ons beskikbare opsies en om ‘n afspraak te maak.

Hoe weet ek watter rokke is beskikbaar by julle Bruidswinkel vir passings?

Nie al die rokke op ons webtuiste is beskikbaar in ons winkel nie, loer gerus HIER na wat ons in voorraad het vir passings.

Hoe maak ek 'n afspraak?

Maak asseblief jou afspraak HIER.
afAfrikaans
Nuusbrief
Teken in vir ons nuusbrief!
Loading